Trinity Truth

Trinity Truth Foundation spruit uit 'n kragtige visie en missie om mense van all walks of life op hul doelgerigte reis vuur en vlam te kry en te bemagtig. Sedert 2017 is hierdie merkwaardige organisasie, gelei deur Carin Myburgh – 'n pastoor, berader (lewensafrigter) en fasiliteerder – daaraan toegewy om individue en gemeenskappe te transformeer deur die transformerende krag van God se liefde. Abba Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees is die fondament van elke lering.

Die kern van Trinity Truth Foundation se missie lê in die opleiding van die liggaam van Christus, om hulle toe te rus met die nodige gereedskap en geestelike leiding om hul Goddelike roeping uit te voer. Hierdie mense word dan teruggestuur na hulle gemeenskappe van hul keuse as bakens van hoop, gewapen met die kennis en passie wat nodig is om 'n blywende impak te maak. Want wanneer genesing binne ons plaasvind, verander dinge ook om ons.

Trinity Truth Foundation is ‘n interkerklike bediening wat saam met kerke en gemeenskappe werk oor grense heen. Dit is belangrik om mense op te rig en terug te stuur in hulle unieke roeping. Alle kursusse word regoor Suid-Afrika in sommige dorpe aangebied, asook aanlyn vir diegene wat dit so verkies of in afgeleë gebiede woon.

Die grootste uitdaging van so ‘n bediening is dat mense glo daar nie hoop is nie. Jou pad saam met Trinity Truth Foundation neem jou binne HOOP in: JESUS CHRISTUS.

Trinity Truth Foundation fokus op innerlike genesing en stap ‘n nou pad saam met individue om diepgaande transformasie en groei te ervaar, wat hulle in staat stel om meer effektief in elke aspek van die lewe te funksioneer deur 'n intieme verhouding met God.

Die psigiese/sielswonde wat die traumatiese gebeure laat, word trauma genoem. Dit is die innerlike pyn en seer wat die persoon ná die gebeure ervaar. Dit kon onlangs of baie jare gelede gebeur het. Hierdie seer sal jou altyd terughou van die mens wat GOD jou geroep het om te wees.

Daar kom ‘n tyd in elkeen se lewe waar ons introspeksie moet doen oor waarvandaan ons kom en waarheen ons op pad is. Wat is dit wat jou in die lewe terughou sodat jy glad nie vorentoe kan beweeg nie? Hoekom maak jy elke keer dieselfde foute? Jy is dalk al jare so vasgevang in seer dat jy nie eers weet hoe die leuen van die duiwel jou terughou van die VRYHEID wat GOD jou bied nie. Hieraan word in diepte aandag gegee gedurende die kursus.

Innerlike Genesingskursus: Aanlyn asook lokaal in Suid-Afrika (sertifikaat)

Hierdie kursus is tweedoelig:

  • Om gesond te word van jou eie wonde wat veroorsaak is deur onverwerkte trauma, teleurstelling en skokke.
  • Hierdie kursus vorm ook deel van ‘n pastorale beraderskursus.

Pastorale Beraderskursus: Aanlyn (sertifikaat)

Wanneer ons die vryheid smaak wat genesing deur die Heilige Gees vir ons bied, wil ons óf weet waarvoor ons geroep is óf ander help, en soms albei. Jy kan dan die leer van Woordgebaseerde kennis klim deur jouself toe te rus deur die onderstaande opsies. Hierdie kursus kan tweedoelig aangepak word:

  • Eerstens om jouself geestelik te verryk;
  • Sou jy voel jy geroep is vir pastorale berading, jouself daarin kan toerus.

Waarvoor is jy geroep? (Aanlyn)

Die Genadegawes-program bring jou op ‘n bekende plek binne-in jou wat sterk na vore kom in jou persoonlike analise. Hieraan word persoonlike (een tot een) aandag gegee tydens ‘n privaat Zoom-sessie. Om jouself verder te verstaan en waarvoor God jou geroep het, en ander beter te verstaan, bied Trinity Truth Foundation ook ‘n kursus aan:

  • Ontdek jou Genadegawes: Een tot een terugvoer (analise)
  • Staan op in jou roeping: Aanlyn kursus

Sosiale Styl

'n Sosiale styl is 'n patroon van kommunikasie en gedrag wat mense in hul interaksies met ander openbaar. Dit is 'n manier om te verstaan hoe individue geneig is om situasies te benader, besluite te neem en met ander te kommunikeer.

  • Wat is jou sosiale styl?: Analise en ‘n digitale verslag
  • Jy het die opsie om ‘n persoonlike Zoom-afspraak te maak vir volledige terugvoer en bespreking

Lewensafrigting

Lewensafrigting gaan verder as om net doelwitte te stel; dit sluit 'n benadering in wat jou gees, verstand en liggaam aanspreek. Met Carin se persoonlike bystand sal jy diep in jou aspirasies en drome delf, en die potensiaal binne jou ontsluit wat wag om ontketen te word. Jy kan ‘n een tot een of ‘n Zoom-afspraak met haar maak.

Met onwrikbare toewyding werk Trinity Truth Foundation onvermoeid daaraan om mense tot in God se liefde te bring, en die pad te verlig vir diegene wat doelgerigte rigting soek.

Besoek Trinity Truth Foundation se platforms vir meer inligting oor die kursusse en programme wat by Carin Myburgh beskikbaar is, en luister na die weeklikse program "Trinity Truth" op Radio Fynbos.

Webtuiste

Facebook

Trinity Truth:
Maandagaande 19:00