Oor ons

Stilbaai – Local Livestream Online Radio Station

OOr Ons / about us

Radio Fynbos is 'n aanlyn, gemeenskaps-gebaseerde radiostasie wat tans via oudio-stroom na die gemeenskap van Hessequa en omliggende gebiede uitsaai. Trouens, omdat ons aanlyn uitsaai kan enige persoon, enige tyd en enige plek in die wêreld ons geselskap geniet. Ons vang die essensie van die Hessequa area vas deur kwaliteit musiek, plaaslike nuus sowel as alledaagse gebeure.

JOU AANLYN GEMEENSKAPSRADIOSTASIE – UIT DIE GEMEENSKAP VIR DIE GEMEENSKAP

Word deel van die Radio Fynbos-gemeenskap

Jou gemeenskap, jou stem, jou radio! Skakel in en volg ons op ons sosiale media platforms.

Ons Missie

Radio Fynbos se fokus is om ‘n bate en ‘n diens te wees vir die direkte gemeenskap in en om die Hessequa area, en tweedens ook vir luisteraars regoor die wêreld wat aanlyn inskakel.

Die Radio Fynbos Span

Omtmoet ons plaaslike aanbieders en sien die gesig agter die stem.

Adriaan Rabie

Man met min woorde met ‘n brein vir besigheid. Adriaan Rabie is in Bellville gebore en het groot geword in Centurion. Nadat hy sy nasionale diensplig voltooi het, het hy menigte besighede bestuur en besit en ook verder gaan studeer in regte. Adriaan hou al sy hele lewe lank vakansie in Stilbaai en het ook so besluit om hom en sy gesin te kom vestig hier in 2020. Hy en sy vrou, Nadia, het die Radio Fynbos oorgekoop in Desember 2022 by Marco Olivier.

Nadia Rabie

Gebore in Kempton Park, (ja, in die bekende spook hospitaal) en ook daar groot geword. Nadia het na skool eers regte studeer en toe as ‘n “wedding planner” en “event co-ordinator” gewerk. Later het sy besluit om ‘n juffrou te word en het aan die Universiteit van Pretoria gegradueer as ‘n Grondslagfase-opvoeder. Van 2013 tot 2020 het Nadia by ‘n Engelse skool gewerk in Centurion as ‘n Graad 1 onderwyseres waar sy ook vir Graad R tot 7 kunsklasse aangebied. Gedurende daardie tyd het Nadia talle kursusse in spel- en sandterapie en berading gedoen en een van haar gunstellinge was natuurlik berading deur middel van kuns. Teen die einde van 2020 het sy as onderwyser bedank en saam met haar man en twee seuns na Stilbaai verhuis. Nadia beoefen visuele kuns en beeldhou werk as ‘n stokperdjie saam met die alledaagse beplanning en omroepwerk van Radio Fynbos.

Jakkie Wessels

Jakkie Wessels is wel bekend in Stilbaai eb ook die eienaar van Odds & Ends in Stilbaai Oos. Hy het gematrikuleer by Worcester Boys High en ‘n diploma verwerf in Finansiële Bestuur. Nadat Jakkie weermag opleiding ontvang het, het hy aangesluit by die Suid Afrikaanse Lugdiens en daarna by Emirates Airline in Dubai. Toe Jakkie aftree het hy besluit om Stilbaai toe te kom en het begin deur Stilbaai Kwekery te koop en later weer verkoop. Odds & Ends is daarna deur hom gekoop waarmee hy nogsteeds bedrywig is.
Tussen in is hy ‘n vrywilleger by die Lions Club en Stilbaai Sakekamer. Hy is ‘n lid van die bestuur by die Seagulls Rugby Club in Melkhoutfontein asook ‘n lid van die “executive” bestuur van die SWD Arende Rugby vir die afgelope 10 jaar. Jakkie het voorheen ook as omroeper gewerk by Eden FM waar hy gesels het oor wat in die Rugby wêreld aan gaan.

Wilmer Gerber

Wilmer is ‘n bekende gesig in Stilbaai en is ‘n omroeper by Radio Fynbos sedert die Radio Stasie begin het. Hy hou van golf speel en rugby afrig. Om ‘n radio omroeper te wees is een van sy drome wat hy uitleef.

Scroll to Top